Die Airbus A320neo-familie (neo vir nuwe enjinopsie) is 'n ontwikkeling van die A320-familie van smalromp-straalvliegtuie wat deur Airbus vervaardig word. Die eerste vlug is op 25 Desember 2014 onderneem en op 25 Januarie 2016 deur Lufthansa in diens gestel. Die CFM International LEAP- of Pratt & Whitney PW1000G- enjins word nuut ingespan en is standaard met haaivlerkies toegerus. Dit is 15% tot 20% meer brandstofdoeltreffend as die A320ceo-familie. Die A320neo-familie is gebaseer op die vorige A319, A320 en A321. Teen Januarie 2020 is 'n totaal van 7 395 A320neo-familievliegtuie deur meer as 115 lugrederye bestel, wat dit die vinnigste verkoper van kommersiële vliegtuie ooit maak.
Developed by StudentB